TUISBLAD
Mediavrystelling
Die Afrikaanse musiekindustrie kan maar regop sit en notisie neem!!
Daar’s ‘n nuwe sangsensasie wat, sonder om doekies om te draai, bewys ons HET briljante vroulike kunstenaars – al is hulle tans dun gesaai.
Dis die suiwerste vorm van luistergenot wat jou nie gaan laat bokspring van irritasie nie. Kortom: Om na hierdie pragtige sangeres te luister is pure bederf. In haar stem hoor jy die tekstuur en atmosfeer van elke seisoen.
Sy lewer ‘n puik resultaat op elkeen van die 12 snitte en die aanslag is gemaklik, musikaal uitstekend verwerk en sonder pretensie.
Die Nuwe Priscilla is Hier!!!
GRYP NOU DIE GELEENTHEID AAN OM HIERDIE FENOMENALE TALENT VIR JOU FUNKSIE TE BESPREEK!
Soos onlangs in vele prominente publikasies aangedui, het Priscilla Smith die land aan die gons!
...
Die pragtige donkerkop is ‘n plattelandse nooi wat die groot stad oorrompel het. Theuns Jordaan het profetiese woorde gespreek toe hy op Supersterre musiekroem in haar toekoms voorspel het – DIT IS BEWAARHEID.